Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » " Tyd en die Klein Karoo" deur FERDI GREYLING
" Tyd en die Klein Karoo" deur FERDI GREYLING [boodskap #62006] Ma, 13 Mei 2002 12:19 na volgende boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

TYD EN DIE KLEIN KAROO
Ferdi Greyling

Ek het die son ge-eet
wat groen druppels
aan die wingerd hang.

Blou vibreer die land
tot teen die berge
wat in die noorde klop.

Die huise hier
is baksteenskepe
wat dobber op dae.

Snags bo die veld
kolk die sterre
strome in die tyd.

Anderkant, by Calitzdorp,
het tyd lank reeds sy groen gety
deur die bruin grond gedruk.
Re: " Tyd en die Klein Karoo" deur FERDI GREYLING [boodskap #62272 is 'n antwoord op boodskap #62006] Sa, 18 Mei 2002 14:32 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Die Veldmuis  is tans af-lyn  Die Veldmuis
Boodskappe: 304
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 13 May 2002 12:19:26 GMT, "@rogers.com" wrote:

>
>
> TYD EN DIE KLEIN KAROO
> Ferdi Greyling

Interessant Gludina, dat jy zero daarvoor
voel om poppulêr te wees - eintlik het jy
jou roeping gemis. Boks promotor sou
aangewese gewees het.:-(((
Re: " Tyd en die Klein Karoo" deur FERDI GREYLING [boodskap #62287 is 'n antwoord op boodskap #62272] Sa, 18 Mei 2002 17:10 Na vorige boodskapna volgende boodskap
johanls  is tans af-lyn  johanls
Boodskappe: 197
Geregistreer: April 2002
Karma: 0
Senior Lid
Ek neem aan dis nou nie dieselfde soort as Don King nie.

"Davie Davis" skryf in boodskap news:capceukm9voujs4ohnttdjqtsbl03r857n@4ax.com...
> On Mon, 13 May 2002 12:19:26 GMT, "@rogers.com" wrote:
>
>>
>>
>> TYD EN DIE KLEIN KAROO
>> Ferdi Greyling
>
> Interessant Gludina, dat jy zero daarvoor
> voel om populêr te wees - eintlik het jy
> jou roeping gemis. Boks promotor sou
> aangewese gewees het.:-(((
Re: " Tyd en die Klein Karoo" deur FERDI GREYLING [boodskap #62298 is 'n antwoord op boodskap #62287] Sa, 18 Mei 2002 18:19 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Annette  is tans af-lyn  Annette
Boodskappe: 11114
Geregistreer: Augustus 2003
Karma: 1
Senior Lid
Hey!! Van boks gepraat, het een van julle daardie kort geveggie gisteraand
gesien?

En dan perform Naz vanaand ook nog:)))
Annette

"johanls" skryf in boodskap news:3ce70916_1@batman.vip-za.com...
> Ek neem aan dis nou nie dieselfde soort as Don King nie.
>
> "Davie Davis" wrote in message
> news:capceukm9voujs4ohnttdjqtsbl03r857n@4ax.com...
>> On Mon, 13 May 2002 12:19:26 GMT, "@rogers.com" wrote:
>>
>>>
>>>
>>> TYD EN DIE KLEIN KAROO
>>> Ferdi Greyling
>>
>> Interessant Gludina, dat jy zero daarvoor
>> voel om populêr te wees - eintlik het jy
>> jou roeping gemis. Boks promotor sou
>> aangewese gewees het.:-(((
>
Re: " Tyd en die Klein Karoo" deur FERDI GREYLING [boodskap #62448 is 'n antwoord op boodskap #62272] Di, 21 Mei 2002 12:53 Na vorige boodskap
Anoniem
Oorspronklik gepos deur: @rogers.com

Davie Davis wrote:

> On Mon, 13 May 2002 12:19:26 GMT, "@rogers.com" wrote:
>
>

>> TYD EN DIE KLEIN KAROO
>> Ferdi Greyling

>
> Interessant Gludina, dat jy zero daarvoor
> voel om poppulêr te wees - eintlik het jy
> jou roeping gemis. Boks promotor sou
> aangewese gewees het.:-(((

Ek dink, du Plessis, dat jy eerstens
jaloers is en tweedens nie weet hoe om
'n gedig te waardeer nie. Hoekom gaan
jy nie terug en vergeet wie dit geskryf
het en kyk net na die woorde op die papier
nie.
Terloops, my man was op sy dae boks-
kampioen. Ek dink nou nog dis een van die
meer intellektuele sport-soorte. Toe ek
nog onderwyseres was, het ek gereeld na die
skool se boksgevegte gaan kyk, want dit het
my waardevolle inligting gegee oor die psiges
en metodes van my leerlinge wat ook geboks het.
Ek sou graag 'n bokspromotor wil wees.

Gloudina
Vorige onderwerp: " Najaarsdroom " deur KOOS DU PLESSIS
Volgende onderwerp: " Die Brand " deur JAN CILLIERS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 05 08:07:13 MGT 2024